Nb Publishers

Informações:

Sinopsis

Podcast by NB Publishers

Episodios

  • Voorlesing van Pippie beur tant Laura op

    25/05/2020 Duración: 06min

    Pippie sal jou beslis vinnig kan opbeur met haar skerpsinnigheid. Vra maar vir tant Laura! Ons hoop julle geniet nog Pippie se verjaarsdagvieringe! Luister hier na die derde en finale voorlesing deur Christine Voorendyk uit Pippie beur tant Laura op wat in die Pippie Langkous-omnibus verskyn.

  • Voorlesing van Pippie gaan saam op 'n skooluitstappie

    22/05/2020 Duración: 07min

    Die feestelikhede duur voort. Tiedliepom, pomliedaai!! Ons deel graag hierdie voorlesing deur Christine Voorendyk uit Pippie gaan saam op ’n skooluitstappie wat in die Pippie Langkous-omnibus verskyn. Pasop net, daar’s dalk ’n monster in die Wonderwoud…

  • Voorlesing van Pippie vier haar verjaarsdag

    20/05/2020 Duración: 09min

    Kom ons skop hierdie 75ste verjaarsdag goed af! Sluit aan by die verjaarsdagvieringe en luister saam na ’n voorlesing uit Pippie vier haar verjaarsdag in Die Pippie Langkous-omnibus. Bestel die omnibus by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Wie weet, dalk gaan soek julle na ’n paar spoke in die solder en ontdek sommer ’n paar skatte ook! Hiermee die eerste voorlesing deur Christine Voorendyk.

  • Lockdown Extended contributors pull together

    30/04/2020 Duración: 42min

    Some of the Lockdown Extended contributors pulled together virtually to bring you a "book launch"! We compiled their WhatsApp voicenotes into this podcast, where you'll get to hear readings from various authors, the inspiration behind their contributions and much more. Get your copy of Lockdown Extended here: o Amazon: https://www.amazon.com/dp/B087M3RCS8/ o Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/lockdown-extended o Snapplify: https://shop.snapplify.com/product/lockdown-extended Sentenced to Lockdown, regarded as "non-essential", 30 South African writers get together in a virtual Corona Collective, to pen Lockdown Extended, trying to make sense of a world, held hostage by a virus. Powerfully visceral, this gem includes a diverse list of South Africa's most celebrated writers, brilliantly capturing the effects of a global pandemic. There's Sisonke Msimang (Always Another Country), Fred Khumalo (Bitches Brew) and Pumla Dineo Gqola (Rape A South African Nightmare). The comic genius of Ben Trovato and Everyday

  • Ons gesels met Ruan Kemp oor Gedeeltelik bewolk

    15/04/2020 Duración: 50min

    Die UJ-Debuutprys 2020 gaan aan debutant Ruan Kemp met Gedeeltelik bewolk. Uitgewer Etienne Bloemhof vra die jong skrywer uit oor sy roman wat die tonge los het oor die persoon aan wie dit opgedra is. Hoofkarakter George Moore is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien in ’n aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhof-bende in Duitsland, werk as ’n joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, en word weldra saboteur, skaapsmokkelaar, mal en ’n boemelaar. Die e-boek van Gedeeltelik bewolk is selfs tydens inperking hier beskikbaar: - Takealot: https://www.takealot.com/gedeeltelik-bewolk-ebook/PLID54968007/product-information - Amazon: https://www.amazon.com/Gedeeltelik-bewolk-lewensbeskrywing-van-Afrikaans-ebook/dp/B07V5JQRRF/ - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/gedeeltelik-bewolk

  • The Living While Feminist Podcast Launch

    09/04/2020 Duración: 55min

    With the postponement of the in-person launches of Living While Feminist, several of the contributors pulled together virtually to bring you this podcast! We compiled their WhatsApp voicenotes into this podcast, where you'll get to hear readings from various authors, the inspiration behind their contributions and much more. Living While Feminist will be available in all good bookstores when lockdown is over, but the great news is you can get the eBook NOW on various platforms! - Amazon: https://www.amazon.com/Living-While-Feminist-bodies-truths-ebook/dp/B086CB48G8/ - Takealot: https://www.takealot.com/living-while-feminist-ebook/PLID68749540 - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/living-while-feminist - Snapplify: https://shop.snapplify.com/product/living-while-feminist More about the book: So much of our life experience is filtered through our bodies – norms, myths, and cultural standards continue to shape the way that we and the world feel about our bodies and how we see ourselves. Feminism says these r

  • Twee digters tesame: Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer

    09/04/2020 Duración: 56min

    Met Chinatown en Oolog publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme ruimte. Hoe, wil professor Louise Viljoen weet, maak hulle ’n huweliksverhouding, kind grootmaak én skep onder een dak werk? Luister hier na hul gesprek wat by die Toyota US Woordfees 2020 plaasgevind het.

  • Die Bybel In Fokus op Radio Kaapse Kansel

    08/04/2020 Duración: 08min

    Luister hier na ‘n kort boekbespreking van Die Bybel in fokus deur Louis Jonker, een van die medeskrywers, soos uitgesaai op Radio Kaapse Kansel. Ons glo in God en in die Bybel, tóg beteken dit nie dis maklik om die Bybel te lees en te verstaan nie. Die Bybel is ’n merkwaardige boek en word elke dag deur miljoene mense oor die hele wêreld gelees, maar wat doen ons met problematiese tekste wat sê ons mag nie varkvleis eet nie, en wat handel oor homoseksualiteit en streng geslagsrolle? Die Bybel in fokus is 'n hulpmiddel om die Bybel krities, maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor. Bestel Die Bybel in Fokus by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322333

  • Is daar 'n toekoms in dié land?

    08/04/2020 Duración: 01h01min

    Azille Coetzee vertrek Nederland toe om verder te studeer. Sy raak op ’n Nederlander verlief en besluit om aan te bly. Maar sy bly haar vasloop teen die vraag: Watter herkoms is meer bindend, Afrika of Europa? In ’n tyd gekenmerk deur geweld teenoor vreemdelinge, geweld teenoor vroue en rassehaat gesels ’n groep vroue oor generasie- en kleurgrense heen om antwoorde te probeer vind op die vraag: Is daar ’n toekoms in dié land? Luister hier na Lindie Koorts se gesprek met Azille Coetzee, Martie Meiring en Mercy Kannemeyer. Azille Coetzee se boek, In my vel, kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word. Die e-boek is ook beskikbaar op: - Amazon: https://www.amazon.com/vel-Reis-Afrikaans-Azille-Coetzee-ebook/dp/B07V5JR283/ - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/in-my-vel - Snapplify: https://shop.snapplify.com/product/in-my-vel - Takealot: https://www.takealot.com/in-my-vel-ebook/PLID54968008

  • Discussion on identity politics and They Called Me Queer

    07/04/2020 Duración: 01h02min

    Jaco Barnard-Naudé talks to Kim Windvogel, one of the compilers of They Called Me Queer, as well as Mark Gevisser, author of The Pink Line, about the taboos and debates surrounding identity politics across the globe. They Called Me Queer is available as e-book or can be ordered from your nearest bookstore or online. More information: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780795709173

  • Vier skrywers bespreek die grens tussen feit en fiksie

    06/04/2020 Duración: 58min

    Sidney Gilroy se Klikbek lyk soos vanoggend se koerantvoorblaaie, met speurder Sollie Mthembu in Bloem wat tussen verkragting, ontvoering en plaasmoord moet bontstaan. James Brent Styan, skrywer van The Bosasa Billions, gesels met Sidney Gilroy (Klikbek), Johan Jack Smith (Zola) en Pieter-Louis Myburgh (Gangster State)oor hoe die grens tussen feit en fiksie soms vaag kan raak. Meer oor Sidney Gilroy se Klikbek: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798178112

  • Chris Karsten gesels met Irna van Zyl oor Anderman se vrou

    03/04/2020 Duración: 55min

    In Chris Karsten se jongste misdaad-roman ontmoet ons weer twee ou karakters, hoewel die een al twee jaar dood is. Skoenlapperboer Wim Kellerman het nog baie vrae ná Jack Niemand se dood. Al manier is om terug te loop op die spoor, want Wim weet sy ou aartsvyand, Simon Pope, lewe nog. Uiteindelik koop hy ’n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte, om die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte te gaan soek. Die akteur Brendon Daniels lees voor, en Irna van Zyl vra Chris Karsten die kuns af. Meer inligting oor Anderman se vrou: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780798179829

  • Skrywer Christine Barkhuizen-le Roux gesels oor die moeilike temas in haar jongste roman

    01/04/2020 Duración: 48min

    In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy 40 jaar later die pyn van ’n seuntjie genaamd Prins? By die Woordfees vra Chris Jones haar uit oor ’n storie wat haar na aan die hart lê: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan.

  • The authors of Paper Tiger on the downfall of Independent Newspapers

    30/03/2020 Duración: 58min

    When Independent Newspapers was bought by Iqbal Survé’s Sekunjalo Independent Media Consortium, journalists at South Africa’s biggest newspaper firm were optimistic that local ownership would put an end to the callous management of its Irish overlords of the previous two decades. What followed instead was media capture in action – blatant and at times bizarre. It was kicked off by the unexpected dismissal of Cape Times editor Alide Dasnois. In Paper Tiger, Alide and Chris Whitfield ─ the then editor-in-chief of the company’s Cape titles ─ tell the inside story. Herman Wasserman talks to them about their experience. More information on Paper Tiger: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624087175

  • Rudie van Rensburg gesels met Jaco Wolmarans oor Skag

    26/03/2020 Duración: 50min

    Jaco Wolmarans praat met Rudie van Rensburg, wat in Vloek self met ’n wedren teen tyd werk, oor sy tweede spanningsroman ─ Skag. In 1987 kry Spesmagte se sersant Jos Fourie die opdrag om ’n vrag missiele wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep word, op te pas. Maar dan ontdek hy tot sy skok wapengehalte uraan-235 is in die vrag versteek. Nou moet Jos aan die lewe bly teen die aanslae van seerowers en die Angolese vloot, te midde van sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez, wat self ’n agenda het... Bestel Jaco Wolmarans se eerste roman Bos, en tweede roman Skag, by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624089483

  • Chinees in Afrikaans met die skrywer van Die Dao van Daan van der Walt

    26/03/2020 Duración: 54min

    Met Die dao van Daan van der Walt, waarmee oudregter Andries Buys weggestap het met al die jaar se literêre pryse, word die Chinese leefwêreld verken as deel van sowel ons verlede as ons werklikheid vandag. Frederik de Jager, wat redakteur was van Andries se Dao, maar ook Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng én sy nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld (wat onder meer in Sjanghai en Beijing afspeel), gesels met Andries. Bestel Die Die Dao van Daan van der Walt by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624082521

  • Gesprek oor Liefde Agter Tralies

    25/03/2020 Duración: 55min

    Hoekom raak mense verlief op misdadigers ─ soms ook wanneer hulle nog hul vonnis uitdien? Carla van der Spuy vertel Riette Rust meer omtrent haar talle onderhoude met mense wat liefde probeer onderhou wanneer een of albei agter tralies is, en wat sulke verhoudings dryf. Jacques Pratt, stigter van die Hope Hela-stigting wat na gevangenes uitreik, deel ook sy insigte. Bestel Carla van der Spuy se boek Liefde agter tralies by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624087007

  • Gesprek oor Maverick Africans deur Hermann Giliomee

    24/03/2020 Duración: 56min

    Suid-Afrika se top-historikus rig in Maverick Africans sy vlymskerp blik veral op dit wat ongewoon is aan die relatief klein groep Afrikaners. Die NG Kerk se invloed op apartheid, die buitengewone rol wat Afrikanervroue gespeel het, ontplooiing in die staatsdiens, en die vraag oor korrupsie onder apartheid kom onder meer onder die loep, met in die laaste hoofstuk “die gebroke hart van die Afrikaners”. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann Giliomee. Bestel Maverick Africans: The Shaping of the Afrikaners by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089087

  • Kerneels Breytenbach oor Hond se gedagte

    24/03/2020 Duración: 01h03min

    Luister hier na oud-Springbokkaptein Wynand Claassen se gesprek met Kerneels Breytenbach oor sy roman, Hond se gedagte, by die Toyota US Woordfees 2020. Bestel Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor dié verrassende, hoogs vermaaklike roman: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798179294

  • A conversation with Zephany Nurse (or Miché Solomon)

    23/03/2020 Duración: 01h58s

    The kidnapping of baby Zephany Nurse from the cot alongside her mother’s hospital bed gripped all of South Africa. And when the Nurse family found her, quite accidentally, they made headline news all over again. Zephany is now named Miché Solomon and together with author Joanne Jowell, she talks to CapeTalk’s Sara-Jayne King about what it feels like to make headlines across the world and to grow up with the woman who stole you from your own mother. Order Zephany (available in Afrikaans and English) from your nearest bookstore or online. More information on the book: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624086406

página 5 de 8