Nb Publishers

Chris Karsten gesels met Irna van Zyl oor Anderman se vrou

Informações:

Sinopsis

In Chris Karsten se jongste misdaad-roman ontmoet ons weer twee ou karakters, hoewel die een al twee jaar dood is. Skoenlapperboer Wim Kellerman het nog baie vrae ná Jack Niemand se dood. Al manier is om terug te loop op die spoor, want Wim weet sy ou aartsvyand, Simon Pope, lewe nog. Uiteindelik koop hy ’n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte, om die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte te gaan soek. Die akteur Brendon Daniels lees voor, en Irna van Zyl vra Chris Karsten die kuns af. Meer inligting oor Anderman se vrou: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780798179829