Nb Publishers

Informações:

Sinopsis

Podcast by NB Publishers

Episodios

  • Nic de Jager lees voor uit Irma Venter se Sewe-en-veertig

    Nic de Jager lees voor uit Irma Venter se Sewe-en-veertig

    29/10/2019 Duración: 09min

    Luister hier na die ikoniese Nic de Jager se voorlesing uit Irma Venter se jongste spanningsroman, Sewe-en-veertig. Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op ’n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar op vrye voet is. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Bestel Sewe-en-veertig deur Irma Venter by jou naaste boekwinkel of aanlyn

  • Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak by die KykNET-Rapport-boekpryse 2019

    Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak by die KykNET-Rapport-boekpryse 2019

    20/09/2019 Duración: 06min

    “Dit maak nie saak wat voor jou gebeur nie, jy kan jou hoogste vorm skep en jou hoogste vorm word. En jy kan dit doen deur jouself te wees en jou stories in jou eie stem te vertel. Jou ervaring maak saak. Jou lewe en jou perspektief is belangrik. So deel dit, asseblief.” Luister hier na Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak nadat sy boek Kinnes die 2019 KykNET-Rapport-filmprys gewen het.

  • Wat beteken dit om Afrikaans te wees?

    Wat beteken dit om Afrikaans te wees?

    10/09/2019 Duración: 01h01min

    Luister hier na Elma Smit se gesprek met die skrywer van In my vel, Azille Coetzee. Met In my vel verken Azille dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ‘n verrassende, persoonlike manier. Dit is ‘n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, sowel as vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees. Bestel In my vel deur Azille Coetzee by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087298, R250).

  • Carla van der Spuy gesels oor Liefde Agter Tralies

    Carla van der Spuy gesels oor Liefde Agter Tralies

    30/08/2019 Duración: 38min

    RSG se Lizelle De Bruin gesels met topverkoperskrywer Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies. In hierdie nuwe boek gesels Carla met mense wat liefde vind en aan die lewe hou, al is een of albei agter tralies. Sy gaan klop ook aan by kenners soos forensiese sielkundiges, en kyk na die motiewe en denke wat sulke verhoudings dryf. Hoekom raak mense passievol verlief op bewese misdadigers? Daar is paartjies wat van die buitengewone suksesverhale is, en selfs ’n vrou wat haar man, wat as pedofiel gevonnis is, bystaan. Daar is baie vrae wat opkom in verband met sulke verhoudings, en Carla bekyk hulle met insig en empatie. Bestel Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087007, Uitgewersprys R265).

  • Gesprek met die skrywers van Skarlakenkinders

    Gesprek met die skrywers van Skarlakenkinders

    16/08/2019 Duración: 42min

    Conette le Roux, senior joernalis by LiG Tydskrif en Kerkbode, gesels met die medeskrywers van Skarlakenkinders ─ Nadine Blom en Anzil Kulsen. Luister hoe hulle gesels oor hul karakters, mensehandel en hoe elkeen van ons ons deel kan doen om slagoffers te help. Skarlakenkinders handel oor ses vroue van verskillende agtergronde wat saam op ’n plaas in die Sederberge beland. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los. ’n Aksiebelaaide roman ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel. Bestel Skarlakenkinders by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780796321664, R220).

  • Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

    Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

    08/08/2019 Duración: 33min

    Wat gebeur as ’n skrywer (Debbie Loots) en ’n sielkundige (Abraham le Roux) op ’n bank sit en gesels oor haar karakters se issues? Luister hier na ’n gesprek oor Die boek van gelukkige eindes. Bestel Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780795802034, R265).

  • Adriaan Blom op Radio Helderberg

    Adriaan Blom op Radio Helderberg

    12/07/2019 Duración: 15min

    Die dinamiese ma-en-seun-skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe is terug met Blits 2: Operasie Hoërskool! Medeskrywer Adriaan Blom gesels met Radio Helderberg oor dié opwindende nuwe boek. In Blits 2 is Hannes en Zander in Graad 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap gaan ly onder al die druk van aanpas in die nuwe skool. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe vriend hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig is Melkbosstrand die beste plek om te bly, want wat is nou beter as ’n lekker surf-sessie wanneer die lewe druk? Bestel Blits 2 deur Adriaan Blom en Nadine Blom by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624084075, Uitgewersprys R170).

  • Philip de Vos lees voor uit Die Nagbeer

    Philip de Vos lees voor uit Die Nagbeer

    05/04/2019 Duración: 01min

    Philip de Vos lees voor uit sy pragtige rymvertaling van Die Nagbeer wat pas deur Human & Rousseau uitgegee is. Die Nagbeer se gunstelingkos is nagmerries, en as jy joune vir hom los, sal hy dit vinnig afsluk. Dié lieflike prenteboek is perfek vir voorlees, veral vir kinders wat sukkel met nagmerries, of om aan die slaap te raak. Die rymvertaling sorg vir ’n lekker-lees-ervaring en die instruksies vir jou eie Nagbeer-wegneemboks maak dit nog meer spesiaal! Bestel Die Nagbeer by jou naaste boekwinkel of aanlyn. ISBN: 9780798178723 Uitgewersprys: R160,00

  • A Reading from The Blacksmith and the Dragonfly

    A Reading from The Blacksmith and the Dragonfly

    22/03/2019 Duración: 02min

    Co-author, Charles Siboto, reads from The Blacksmith and the Dragonfly. Want to read the rest of this magical and original fairy tale? The Blacksmith and the Dragonfly by Riana Louw & Charles Siboto (Illustrated by Christelle Lambrechts) can be ordered from your nearest bookstore or online. ISBN: 9780798178518 Recommended retail price: R160,00

  • Elizabeth Wasserman gesels met Radio Helderberg

    Elizabeth Wasserman gesels met Radio Helderberg

    22/11/2018 Duración: 10min

    Elizabeth Wasserman het met Radio Helderberg oor haar nuwe boek, Elf dae op 'n eiland, gesels.

  • Marianna Brandt gesels met Radio Helderberg

    Marianna Brandt gesels met Radio Helderberg

    22/11/2018 Duración: 08min

    Marianna Brandt het met Radio Helderberg oor haar gewilde Emma-reeks gesels.

  • Troula Goosen gesels met Radio Helderberg oor Raaiselklip

    Troula Goosen gesels met Radio Helderberg oor Raaiselklip

    22/11/2018 Duración: 07min

    Troula Goosen het met Radio Helderberg oor haar nuwe jeugroman, Raaiselklip, gesels.

  • Gabeba Baderoon Live

    Gabeba Baderoon Live

    05/10/2018 Duración: 01h04min

    Listen to Sindiswa Busuku-Mathese in conversation with Gabeba Baderoon about her new collection of poetry ─ The History of Intimacy ─ featuring beautiful readings by Gabeba. The History of Intimacy is the fourth collection by award-winning poet Gabeba Baderoon. Breathtaking intimacies and private hurts are crafted into lyrical form – in poems on desiring what is furthest from you, memories of a midnight swim, how children work out the laws of existence, the stakes of speaking a forbid­den word, elegies to a jazz prodigy and a beloved poet, and how not to be alone. "Baderoon’s poems are finely crafted objects of art, delicately shaped and containing rich emotion and thought. She is building a powerful body of work, rooted in Africa and reaching line after line to the wider world." – Kwame Dawes, author of City of Bones: A Testament "An exquisite new collection from one of South Africa’s finest, most treasured poets." – Nadia Davids, author of An Imperfect Blessing.

  • Onderhoud met Elsa Winckler op PEFM

    Onderhoud met Elsa Winckler op PEFM

    12/09/2018 Duración: 14min

    Elsa Winckler het met PEFM gesels oor haar nuwe boek, 'n Brief vir Reina. Wanneer Reina ná haar ouma se af sterwe die huis begin opruim, kom sy on verwags op ’n boks briewe af. Hoe verder Reina lees, hoe meer ver stom is sy. Haar ouma se onmoontlike keuse plaas Reina se be staan in ’n heel nuwe lig. Die ontnugterde en siniese Derek wil Reina se huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat in sy pad staan is Reina se handtekening. Dinge is egter nie so eenvoudig vir Reina nie. Wat maak sy met haar ouma se vriende? En wat maak sy met haar swanger winkelassistent? 'n Brief vir Reina deur Elsa Winckler kan by boekwinkels en aanlyn bestel word. ISBN: 9780796321008 Uitgewersprys: R180,00

  • Onderhoud met Nadine Blom op PEFM

    Onderhoud met Nadine Blom op PEFM

    26/07/2018 Duración: 18min

    Nadine Blom het met PEFM gesels oor haar nuwe boek, Ankers vir vandag. Nadine Blom het al die swart kant van die lewe gesien. Sy weet hoe om vas te klou aan haar geloof as dinge rondom haar uitmekaarval. In hierdie boek wys Nadine dat almal ankers nodig het, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Nadine wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los. Nou beskikbaar! Ankers vir vandag deur Nadine Blom ISBN: 9780796320773 Prys: R150,00 (Onderhewig aan verandering)

  • Onderhoud met Koos van der Merwe op PEFM

    Onderhoud met Koos van der Merwe op PEFM

    22/06/2018 Duración: 14min

    Bernard en Christelle van PEFM gesels met Koos van der Merwe oor sy nuwe boek, Sielskos. Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie. Nou beskikbaar! Sielskos deur Koos van der Merwe ISBN: 9780796320995 Prys: R195,00 (Onderhewig aan verandering)

  • Elizbè Van der Colff gesels oor Nina en die crazy klere

    Elizbè Van der Colff gesels oor Nina en die crazy klere

    11/06/2018 Duración: 04min

    Elizbè Van der Colff het met Johann Myburgh oor haar nuwe boek op Radio Helderberg gesels. In die boek woon Nina en Jessie die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg ...

  • Onderhoud met Marzanne Leroux-van Der Boon op PEFM 87.6

    Onderhoud met Marzanne Leroux-van Der Boon op PEFM 87.6

    24/05/2018 Duración: 18min

    Luister hier na Marzanne Leroux-van Der Boon se onderhoud met Elaine op PEFM op 23 Mei 2018. Ter wille van die vaders is die jongste roman in die bekende Israel-reeks deur Marzanne Leroux-van Der Boon. In die 10de boek in die Israel-reeks kry Henok ’n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat Re’uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is. Nou beskikbaar! Ter wille van die vaders (Zechut Avot) deur Marzanne Leroux-van Der Boon ISBN: 9780796320841 Prys: R220,00 (Onderhewig aan verandering)

  • Ruda Landman tells her story

    Ruda Landman tells her story

    16/05/2018 Duración: 07min

    “How can we know each other, or understand the whole of our reality, if we don’t hear each other’s stories?” Journalist Ruda Landman, widely known for her compelling interviews, talks to prominent South Africans about their life choices and how change has affected them. A colourful mosaic of experience emerges as people share stories – from changing careers to coming out, losing a partner or following a calling. The book includes insights by the likes of John Kani, Ferial Haffajee, Pieter-Dirk Uys, Katlego Maboe, Gugu Zulu, Zapiro, ProVerb, Arno Carstens, “Mam’ Khanyi” (who takes in street children and orphans), Nick Binnedell and Marc Lottering. Revealing and wise, their stories will touch your heart. ​All royalties from the sale of this book will go to StudyTrust, an organisation which supports university students. Find out more about the organisation at www.studytrust.org.za

  • Kate Turkington chats about her latest book

    Kate Turkington chats about her latest book

    10/05/2018 Duración: 09min

    Catch this fun and spontaneous interview with Kate Turkington about her latest book: Yes, Really! 'There are a lot of good things about getting older. When you’re young you want everyone to like you and to make an impression. When you’re old you don’t give a damn.' Kate Turkington is fearless and fun, even now in her 80s. Actually, more so! From the war-worn East End of London to raising a young family in a remote part of eastern Nigeria and then building a career as one of SA's most loved broadcasters, Kate's story is remarkable and revealing. You'll laugh. You'll cry. You will cheer. And you may well be shocked.

página 4 de 5