Nb Publishers

Informações:

Sinopsis

Podcast by NB Publishers

Episodios

  • Kwela-boekgesprek: Cintaine Schutte gesels met Zelda Bezuidenhout oor Die waarde van stil bure

    11/11/2021 Duración: 48min

    In hierdie episode gesels die gewilde skrywer Zelda Bezuidenhout met aktrise Cintaine Schutte. Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 by Kwela Boeke verskyn. Haar jeugverhaal As mens geluk kon proe is in 2017 as naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie bekroon. In 2019 is sy naaswenner in RSG se radiodramakompetisie met die hoorspel As ‘n kind kom kuier en in 2020 behaal sy en haar medeskrywer Lunéll Kruger die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat. Sy woon op Parys in die Vrystaat. Haar jongste roman, Die waarde van stil bure, is nou beskikbaar! Meer oor Die waarde van stil bure: Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende ma

  • Melinda Ferguson Books Chat: Female Fear Factory by Pumla Dineo Gqola with Sisonke Msimang

    03/11/2021 Duración: 01h05min

    In this episode of Melinda Ferguson Books Chats the author of Rape and Female Fear Factory, Pumla Dineo Gqola, chats to South African writer, activist and political analyst, Sisonke Msimang. Where Rape: A South African nightmare introduced strategies for disrupting rape culture at an individual level, Female Fear Factory offers an even bolder vision for collective action against all cultures of sexual violence. Like the previous book on which it builds, Female Fear Factory fuses intellectual rigour and extensive research, written by one of South Africa's keenest minds, award-winning Professor Pumla Dineo Gqola. Please note this episode was recorded during an Exclusive Books webinar launch in July 2021. Get your copy of Female Fear Factory here: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9781990973093 Music: “Sal” by Xylo-Ziko (https://freemusicarchive.org/music/Xylo-Ziko/polyrhythms/sal)

  • Human & Rousseau-boekgesprek: Dr Mia Oosthuizen gesels met De Wet Hugo oor sy kinderboeke

    27/10/2021 Duración: 46min

    In hierdie episode gesels die gewilde skrywer De Wet Hugo met die kinderboekspesialis Dr Mia Oosthuizen. De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as 'n dekade by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Hy kom oorspronklik van 'n Bolandse wynplaas af, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gelewer tot bundels soos Rympies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf , Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller. Sy topverkoper-reekse, Grilgrypers en Kies-jou-avontuur, is uiters gewild onder jongmense. Hierdie episode is opgeneem tydens ‘n Graffiti Aanlynkuier in Julie 2021. Bestel De Wet Hugo se boeke hier by Graffiti Boeke se aanlynwinkel: https://www.graffitiboeke.co.za/af/a/Soek/0/date_publish%20DESC/De%20Wet%20Hugo Musiek: “Humbug” deur Crowander (https://freemusicarchive.org/music/crowander/from-the-piano-solo-piano/humbug)

  • Human & Rousseau-boekgesprek: Truïse Prinsloo gesels met Helene de Kock oor Elisabet se oorlog

    20/10/2021 Duración: 54min

    In hierdie episode gesels Truïse Prinsloo, senior fiksieredakteur by Human & Rousseau, met Helene de Kock oor haar jongste roman, Elisabet se oorlog. Hulle gesels ook oor haar vorige boeke, skryfwenke en meer. Oor Elisabet se oorlog: Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde Londen vryheid en onvoorwaardelike liefde vind? Helene de Kock op haar beste. Bestel dit by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook beskikbaar as 'n e-boek. Musiek: "Melody Intro" deur Alena Smirnova (https://freemusicarchive.org/music/alena-smirnova/musical-menu/melody-intromp3)

  • Tafelberg Book Chat: Can We Be Safe? by Ziyanda Stuurman with Jonny Steinberg

    13/10/2021 Duración: 55min

    In this episode of Tafelberg Book Chats the author of Can We Be Safe? The future of policing in South Africa, Ziyanda Stuurman, chats to South African writer and scholar, Jonny Steinberg. In South Africa, both ‘crime’ and ‘safety’ are loaded terms. Ziyanda Stuurman unpacks the complex and fraught history of policing, courts and prisons in South Africa. In her analysis of the problems nationally and in putting those problems in context with the rest of the world, she concludes that more resources won’t necessarily lead to more safety. What then, will? Ziyanda unpacks this complex question deftly with a view of a better future for us all. Please note this episode was recorded during an Exclusive Books webinar launch in July 2021. Get your copy of Can We Be Safe? here: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780624091844 Music: “Transient Creatures” by Tri-Tachyon (https://freemusicarchive.org/music/Tri-Tachyon/the-kleptotonic-ep/transient-creatures)

  • Melinda Ferguson Books Chat: Nation on the Couch by Wahbie Long with Dr. Mark Solms

    09/09/2021 Duración: 54min

    Are we going to be okay? In this episode of Melinda Ferguson Books Chat the author of Nation on the Couch: Inside South Africa's Mind, Prof Wahbie Long, chats to Dr Mark Solms, South African psychoanalyst and neuropsychologist. Provocative, insightful and brilliantly written by Professor Wahbie Long, Nation on the Couch explores life in our beloved country through the lens of psychoanalysis. By focusing on the idea of a ‘political unconscious’, it argues that there is much to be learnt from excavating the inner life of South Africans, which can illuminate the external problems that beset us from all sides. It will challenge readers to rethink the way we see ourselves, why we do what we do and why we are who we are. You can order Nation on the Couch from leading bookstores nationwide or online stores. Also available as an e-book on all the usual platforms. Music: “Uh Hmmm...” by Sahy Uhns (https://freemusicarchive.org/music/Sahy_Uhns/Bonus_Beat_Blast_2011/64_sahy_uhns-uh_hmmm)

  • Human & Rousseau-boekgesprek: Nèlleke de Jager gesels met Jaco Fouché oor Simoelégri

    02/09/2021 Duración: 41min

    In hierdie episode gesels Nèlleke de Jager, uitgewer by Human & Rousseau, met Jaco Fouché oor sy jongste roman, Simoelégri ─ die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021. Die gesprek is oorspronklik op Netwerk24 uitgesaai. Oor hierdie boek: Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld. Aangrypend. 'n Hoogpunt in Fouché se oeuvre. Bestel Simoelégri deur Jaco Fouché by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Musiek: "Canyon" deur A.A. Aalto (https://freemusicarchive.org/music/A_A_Aalto/20190209155827787/Canyon)

  • Kwela Book Chat: Touch with Kim Windvogel, Tiffany Kagure Mugo, Nakhane, Roché Kester & Efemia Chela

    25/08/2021 Duración: 58min

    Join Kim Windvogel and Tiffany Kagure Mugo with panelists Nakhane and Roché Kester for a discussion about Touch: Sex, sexuality and sensuality moderated by Efemia Chela. More about Touch: What comes to mind when you think about sex? Touch explores sex as a vast, yet intertwined experience with oneself and between people. It draws on the experiences of sex from people across genders, sexualities – even borders. It delves into the ways in which sex features in our lives. Sex can be fun, tricky, and heart-breaking, and this book covers all this and much more. Compiled by Tiffany Kagure Mugo and Kim Windvogel, the pieces are real, expressive, cathartic and dare we say it, sexy. Order from leading bookstores and online stores. Also available as an e-book. Music: “Rainy Nights” by KieLoKaz (https://freemusicarchive.org/music/KieLoKaz/Walker_Traffic/Rainy_Nights_KieLoKaz_ID_159)

  • Kwela Book Chat: You Have Struck a Rock by Gugulethu Mhlungu with Danielle Bowler

    04/08/2021 Duración: 01h03min

    In this episode of Kwela Book Chats the author of You Have Struck a Rock: Women fighting for their power in South Africa, Gugulethu Mhlungu, chats to feminist writer and editor Danielle Bowler. Drawing on the experiences of women ranging from political activists to domestic workers, sex workers and students, commentator and writer Gugulethu Mhlungu examines how history has shaped the conditions women face today. She also considers the impact of pass laws, land dispossession, racial discrimination and gender-based violence. She concludes that there is still plenty of work to be done in making real the South Africa imagined by the Constitution. You can order You Have Struck a Rock by Gugulethu Mhlungu from leading bookstores nationwide or online stores. Also available as an e-book on all the usual platforms. . . . Music: “Extraordinary Spirits” by Ketsa (https://freemusicarchive.org/music/Ketsa/metaphysics/extraordinary-spirits)

  • Weerlose meganika: Elna van der Merwe gesels met Anton Roodt

    10/05/2021 Duración: 50min

    Anton Roodt, Bloemfonteinse argitek en die skrywer van Weerlose meganika, gesels met Huisgenoot-boekeredakteur Elna van der Merwe. Luister hier na hul gesprek op ons podsending. Oor die roman: Onlangs is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat by die Slag van Bloedrivier geneem is . . . dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor . . . en die koperplaatfoto het verdwyn! Oor die skrywer: Anton Roodt het 'n MA in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy praktiseer sedert 1982 as 'n professionele argitek en beplanner en het al verskeie toekennings vir sy firma se werk ontvang. Hy is ook 'n visuele kunstenaar en 'n lid van die Free State Art Collective. Hy en sy vrou, Zarine, woon in Bloemfontein. Musiek: "Signs" deur Divide by Nine - iMovie Royalty Free Music

  • Trompie & Saartjie: #70BooksToReadBeforeYouGrowUp

    21/04/2021 Duración: 07min

    Exclusive Books are celebrating 70 years and April’s Children’s Month with a must-read list for the young and young-at-heart with the #70BooksToReadBeforeYouGrowUp campaign. Listen to Lundi Khoisan on The Morning Shot interview publisher Michelle Cooper about the iconic Trompie and Saartjie series on Mix 93.8 FM. These heritage classics are included in the Exclusive Books campaign.

  • Voorlesing uit Skepsel deur Willem Anker

    13/04/2021 Duración: 15min

    Luister hier na Frieda van den Heever se voorlesing uit Skepsel deur Willem Anker. Skepsel is onlangs met die 2021 UJ-prys vereer en kan by goeie boek- en aanlynwinkels bestel word. Meer oor die boek: Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Musiek: “Paralytic Insomnia” deur David Hilowitz (https://freemusicarchive.org/music/David_Hilowitz/Paralytic_Insomnia/David_Hilowitz_-_Film_Cue_157_-_Paralytic_Insomnia_Horror_IV)

  • Marius Swart in gesprek met P.P. Fourie oor 'n Hart is so groot soos 'n vuis

    29/03/2021 Duración: 55min

    ’n Hart is so groot soos ’n vuis is Pieter Fourie se debuutroman. Dit is oorspronklik in Engels geskryf as The Heart Is the Size of a Fist en is meesterlik vertaal na Afrikaans deur Marius Swart, ’n dosent in vertaling en Afrikaanse taalkunde aan Stellenbosch Universiteit. Op 16 Maart het Marius en Pieter tydens ’n geselligheid by Stellenbosch Books oor die boek, die vertaling en ook die vreugde van kreatiwiteit gesels. Luister gerus saam op die podsending-platform van jou keuse. Musiek: John Lewis Grant - Bach Prelude & Fugue 1 (https://freemusicarchive.org/music/John_Lewis_Grant/24_Preludes__Fugues_J_S_Bach/Bach_Prelude___Fugue_1)

  • Onderhoud met Julian Jansen op Radio Helderberg

    24/03/2021 Duración: 18min

    Luister na ’n onderhoud met joernalis en skrywer van Seuns sonder pa's, Julian Jansen, op Radio Helderberg. In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie hul pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: Hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Bestel Seuns sonder pa's deur Julian Jansen by goeie boekwinkels regoor die land of aanlyn. Ook beskikbaar as e-boek.

  • Kwela Book Chat: The Fall by Jen Thorpe

    01/02/2021 Duración: 40min

    In this episode of Kwela Book Chats the author of the riveting novel, The Fall shares details about her writing process, advice for budding writers, and other behind-the-scenes gems. In conversation with Jen Thorpe is her publisher, Carolyn Meads, who worked closely with her on the The Fall. Stick around until the end to hear the awesome book trailer! More about the book: When Thuli reveals her secret – that she can see into the near future – to journalist Helen, the latter is skeptical. But as Thuli believes she’s seen that #FeesMustFall protest leader, Hector, will be assassinated, Helen looks into the matter. What she finds is odd behaviour by the police on campus. Police sent by President Noné, who wants no trouble from pesky students while she launches her zoo of magical creatures. If what Thuli say is true, they have only seven days to change the future … You can order The Fall by Jen Thorpe from leading bookstores nationwide or your favourite e-tailer. Also available as an e-book. Music: "Intranet"

  • Kwela Book Chat: Mermaid Fillet by Mia Arderne

    26/01/2021 Duración: 54min

    Mermaid Fillet by Mia Arderne was one of the hottest debut novels to hit the South African literary scene in 2020. Stevlyn Vermeulen, editor at Kwela Books, sat down with her to hear more about her journey towards being a published writer, the things that inspired the book and her writing process. More about Mermaid Fillet: In an alternative Cape Town the only person ever to be born wearing Nike Jordans, is tasked with finding a dead Tamagotchi. The device was last seen in the clutches of eight-year-old Kaylin Arendse, when she and her family were murdered in a gang-related hit. Now our Jordan-wearer must track down the device for the new head of a crime family – or face an untimely ending. Mermaid Fillet is an enthralling afro-surrealist novel about the fringes of Cape Town society and the people who govern that world. Dark and fantastical experiences are intricately woven into this network of wannabe gangsters and the trade of highly coveted mermaid tails for R 4 000/kg. A Cape Town you know,

  • Ons gesels met die skrywer en illustreerder van die Ouma Hester-reeks

    09/12/2020 Duración: 11min

    ’n Vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! In hierdie episode vertel skrywer Janie Oosthuysen en illustreerder Alistair Ackermann ons bietjie meer van die opwindende nuwe Ouma Hester-reeks, waarvan die derde boek volgende jaar verskyn. Janie Oosthuysen lees ook ‘n stukkie voor wat oud en jonk sal geniet, so luister saam en beleef self dié lekker nuwe storie. Ouma Hester 1, 2 en binnekort 3, kan by jou gunsteling boek- of aanlynwinkel bestel word. Musiek: "Robot Boogie" deur Quincas Moreira en "Nutty Comedy" deur Biz Baz Studio (https://studio.youtube.com/channel/UCJFBFh4BJEhLmUgjOPSmiwg/music)

  • In gesprek met Antjie Krog

    08/12/2020 Duración: 34min

    In hierdie episode hoor ons by Karen de Wet, die samesteller van 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, asook by Krog self wat hierdie bloemlesing vir hulle beteken. Verder voer Helené Prinsloo 'n gesprek met Antjie Krog waarin sy gesels oor 50 jaar van digter wees en verskeie gedigte voorlees soos nét sy kan. Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre. 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog is beskikbaar by boekwinkels en aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180511 Musiek: "Realness" deur Kai Engel (https://freemusicar

  • Bruidzilla ─ 'n boodskap en voorlesing van Marion Erskine

    04/12/2020 Duración: 07min

    Bruidzilla deur Marion Erskine is die perfekte teenmiddel vir 2020 en laat lesers wyd en syd skaterlag. Luister hier na Marion se boodskap en kort voorlesing. Bruidzilla kan by boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Meer oor die boek: Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering? Musiek: “Canon in D Major” deur Kevin MacLeod - https://freemusicarchive.org/music/Kevin_MacLeod/Classical_Sampler/Canon_in_D_Major

  • 'n Storie uit Jakkals en Wolf: Die rondekop gedierte

    01/12/2020 Duración: 06min

    Luister hier na Die rondekop gedierte, 'n storie uit Jakkals en Wolf, soos voorgelees deur Johann Nel. Meer oor die boek: Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! Deel die geliefde Jakkals en Wolf-stories deur Pieter W. Grobbelaar & Séan Verster met 'n nuwe generasie lesers. Eksklusief beskikbaar by CNA tot 1 Mei 2021. Die luisterboek van Jakkals en Wolf is ook hier beskikbaar op Audible: https://www.audible.com/pd/Jakkals-en-Wolf-Jackal-and-the-Wolf-Audiobook/B00BW6RFXG

página 3 de 8