Nb Publishers

Neels van Jaarsveld lees voor uit Merk deur Rudie van Rensburg

Informações:

Sinopsis

Luister hier na 'n voorlesing deur Neels van Jaarsveld uit Rudie van Rensburg se jongste spanningsroman, Merk. Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat? Bestel Rudie van Rensburg Boeke se jongste spanningsroman, Merk, by boekwinkels of aanlyn. Meer oor die boek op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802140