Nb Publishers

Tweegevreet deur Zirk van den Berg

Informações:

Sinopsis

Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke. Skrywer Zirk van den Berg vertel ons hier meer oor hierdie fassinerende verhaal en lees ook ‘n stukkie voor. In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Bestel Tweegevreet by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709692 Musiek: Evening Campfire deur Lobo Loco - https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/Adventure/Evening_Campfire_ID_1178