Nb Publishers

Francois Smith gesels met MedFM oor Die kleinste ramp denkbaar

Informações:

Sinopsis

Luister hier na Annerle Barnard se onderhoud met Francois Smith op Vars GeInk, 'n program op MedFM. Francois gesels oor sy jongste roman, Die kleinste ramp denkbaar. Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Die leser sien deur Van Aardt se oë. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Bestel Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith by boekwinkels of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089988