Nb Publishers

Jaco Fouché lees voor uit Aanspreeklikheid

Informações:

Sinopsis

Luister hier na twee voorlesings deur Jaco Fouché uit sy jongste roman, Aanspreeklikheid. Aanspreeklikheid is die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Fouché se eerse roman in sewe jaar, 'n fassinerende ondersoek na die betekenis van aandadigheid, maar ook die rol van die skrywer. Dit word beskou as 'n hoogtepunt in sy oeuvre sedert Ryk van die rawe. Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie? Bestel Aanspreeklikheid by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=97807981