Nb Publishers

Twee digters tesame: Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer

Informações:

Sinopsis

Met Chinatown en Oolog publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme ruimte. Hoe, wil professor Louise Viljoen weet, maak hulle ’n huweliksverhouding, kind grootmaak én skep onder een dak werk? Luister hier na hul gesprek wat by die Toyota US Woordfees 2020 plaasgevind het.