Nb Publishers

Die Bybel In Fokus op Radio Kaapse Kansel

Informações:

Sinopsis

Luister hier na ‘n kort boekbespreking van Die Bybel in fokus deur Louis Jonker, een van die medeskrywers, soos uitgesaai op Radio Kaapse Kansel. Ons glo in God en in die Bybel, tóg beteken dit nie dis maklik om die Bybel te lees en te verstaan nie. Die Bybel is ’n merkwaardige boek en word elke dag deur miljoene mense oor die hele wêreld gelees, maar wat doen ons met problematiese tekste wat sê ons mag nie varkvleis eet nie, en wat handel oor homoseksualiteit en streng geslagsrolle? Die Bybel in fokus is 'n hulpmiddel om die Bybel krities, maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor. Bestel Die Bybel in Fokus by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322333