Nb Publishers

Ons gesels met Ruan Kemp oor Gedeeltelik bewolk

Informações:

Sinopsis

Die UJ-Debuutprys 2020 gaan aan debutant Ruan Kemp met Gedeeltelik bewolk. Uitgewer Etienne Bloemhof vra die jong skrywer uit oor sy roman wat die tonge los het oor die persoon aan wie dit opgedra is. Hoofkarakter George Moore is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien in ’n aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhof-bende in Duitsland, werk as ’n joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, en word weldra saboteur, skaapsmokkelaar, mal en ’n boemelaar. Die e-boek van Gedeeltelik bewolk is selfs tydens inperking hier beskikbaar: - Takealot: https://www.takealot.com/gedeeltelik-bewolk-ebook/PLID54968007/product-information - Amazon: https://www.amazon.com/Gedeeltelik-bewolk-lewensbeskrywing-van-Afrikaans-ebook/dp/B07V5JQRRF/ - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/gedeeltelik-bewolk