Informações:
Sinopsis
ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Episodios
-
ToekomsVenster: Hy hoor ons
31/10/2023 Duración: 03minWat beteken die teksvers: Op die minste troos in die wete dat wat gebeur nie by God verbygaan nie. Dat Hy die versugting van sy kinders hoor. Dat Hy Hom die lotgevalle van mense aantrek.
-
ToekomsVenster: Sy genade is genoeg
31/10/2023 Duración: 03minSy genade is genoeg, elke dag. Alles wat ons nodig het, gee Hy gratis en verniet.
-
ToekomsVenster: Moenie nou moed verloor nie
31/10/2023 Duración: 02minGod is steeds op die troon. Moenie te gou moed verloor nie.
-
ToekomsVenster: Die spasie tussenin
30/10/2023 Duración: 02minTussen stimulus en respons is daar ʼn spasie. Dis ʼn geskenk van bo. Ons het twee ore en een mond. Eers luister, goed luister en dan wanneer die tyd daarvoor ryp is, reageer. Onthou, ʼn sagte antwoord keer die grimmigheid af.
-
ToekomsVenster: Kom ons gaan maak ʼn verskil
30/10/2023 Duración: 03minAs hierdie land gaan verander, sal dit net deur die ernstige nadenke en betrokkenheid van gewone mense soos ek en jy plaasvind. Die Here doen sy deel. Wat van ons? Is jy geregistreer en gaan jy stem?
-
ToekomsVenster: Jou liggaam is ʼn tempel
23/10/2023 Duración: 03minVersorg jou liggaam, gee dit genoeg voedsame stowwe, wees versigtig met wat jy daarin sit. Oefen jou liggaam, moenie aan elke gril en gier daarvan toegee nie. Die liggaam kan opdringerig en veeleisend wees. Die liggaam het dissipline nodig. Versorg dit en hê dit lief, baie lief.
-
ToekomsVenster: Hoe lyk jou emosionele gesondheid?
23/10/2023 Duración: 04minHoe gesond is jy emosioneel en wat doen jy daaraan?
-
ToekomsVenster: Liggaam, siel en gees
23/10/2023 Duración: 03minNee, liggaam, siel en gees moet naas mekaar en saam met mekaar, in samehang plek vind om tot uitdrukking te kom.
-
ToekomsVenster: Geloof is ’n gawe
23/10/2023 Duración: 03minHet jy opgelet hoe dikwels die woorde “ek glo” hierin na vore kom. Inderdaad, geloof is van ʼn gans ander dimensie. Dit is ʼn gawe van God die Heilige Gees en ʼn mens staan in verwondering as ʼn mens daaraan dink dat jy deel kan wees ʼn geloofsgemeenskap wat oor eeue strek en hul sekuriteit, sin en bestemming, in hierdie woorde gevind het.
-
ToekomsVenster: Drie in een
23/10/2023 Duración: 02minOns is mense van geloof. Ten diepste glo ons dat God met ons op pad is; God Drie-enige, Vader, Seun en Heilige Gees.
-
ToekomsVenster: As julle my liefhet sal julle my opdragte uitvoer
16/10/2023 Duración: 02minJohannes 15 dwing ons om ons argumente, oor hoekom ons nie betrokke wil raak nie, te heroorweeg. As ons vriende van God en Christus Jesus is en ons wil dit wees, lê gehoorsaamheid op ons weg.
-
ToekomsVenster: Dit is ons verantwoordelikheid
16/10/2023 Duración: 03minOns kan nie alles doen nie, maar ons kan wel iets doen.
-
ToekomsVenster: Vriende van Jesus se lewens word aan liefde gekenmerk
16/10/2023 Duración: 02minDaar is geen ander uitweg nie – liefde, met name God se liefde – oorwin harte.
-
ToekomsVenster: Jy is Jesus se vriend
16/10/2023 Duración: 02minHier is dit heel anders. Dit is inderdaad die meerdere wat die “mindere” in sy kring insluit.
-
ToekomsVenster: Vriend van God
16/10/2023 Duración: 02minDie omgekeerde is ook waar. Is ek en jy die naam vriend waardig?
-
ToekomsVenster: Ek aanvaar jou
12/10/2023 Duración: 02minEk hou van jazz en jy van klassiek. Tog het ons mekaar lief. Ek aanvaar jou met die liefde van ons Heer.
-
ToekomsVenster: Bid vir hierdie land
12/10/2023 Duración: 03minKom ons begin by gebed. Kom ons bid en vra God vir genade.
-
ToekomsVenster: Dankbaar vir werk
11/10/2023 Duración: 02minBegin bid vir die genade om dit wat jy doen, al is dit miskien nie jou eerste keuse nie, dankbaar as ʼn gawe uit die hand van die Here te ontvang en dit te koester.
-
ToekomsVenster: Hy weet beter
11/10/2023 Duración: 03minGod is steeds in beheer. Die sekuriteit wat Hy gee is meer as wat die teenswoordige ons kan bied.
-
ToekomsVenster: Om jammer te sê is die regte antwoord
09/10/2023 Duración: 02minHoe lyk dit met die “jammers” in jou lewe? Wees haastig om jammer te sê.