Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 268:52:33
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 65. - Riaan Nieuwenhuis

    14/07/2016 Duración: 01h32min

    Riaan Nieuwenhuis is ’n multi-instrumentalist en een van die founding members van Delta Blue. Hy het ook al gerecord saam met The Parlor Vinyls, Southern Gypsey Queen, Basson Laubscher and The Violent Free Peace, Piet Potent en op sy eie solo instrumental projects. Riaan vertel van al sy travels, Stellenbosch in die 90s, sy musical journey en ons bespreek ook sy nuwe album Collaborator. Hierdie episode is geborg deur die online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal) en Kreefhotel by Oppikoppi.

  • Episode 64. - Jaco 'Snakehead' Venter

    07/07/2016 Duración: 01h14min

    Jaco Snakehead Venter is die drummer van Fokofpolisiekar en aKING. Hy kom kuier in die garage en gesels oor Fokofpolisiekar se album Swanesang se tien jaar anniversary vinyl wat nou net uitgekom het, sy belangstelling in photography, sy betrokkenheid op Jack Parow se nuwe travelprogram Dis Hoe Ons Rol en die business model agter FOKOF Lager – die official Fokofpolisiekar bier brand. Hierdie episode is geborg deur vhmusic.co.za en Kreefhotel by Oppikoppi.

  • Episode 63. - Simone Jonker (Venter) en Ernesto Garcia Marques

    30/06/2016 Duración: 01h32min

    Simone Jonker (Venter) is die dogter van Ingrid Jonker en sy en haar man Ernesto Garcia Marques het onlangs ’n dubbel tribute album uitgereik met die naam: Ingrid Jonker – ‘Die Kind Is Nog Jonger’. Simone en Ernesto kom kuier in die garage en gesels oor die projek en al die kunstenaars wat betrokke was - wat mense insluit soos Anton Goosen, Inge Beckmann, Radio Rats, Somerfaan, Dirk Ace, Kalahari Surfers, Falling Mirror, Die Naaimasjiene, Terminatryx en nog vele meer. Simone gesels ook oor haar verhouding met haar ma en haar ma se skryfwerk. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 62. - Luna Paige

    23/06/2016 Duración: 01h15min

    Luna Paige is ’n industrious singer-songwriter met die stem van ’n engel, maar die attitude van ’n rocker. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe sy groot geword het as enkelkind, hoe Tori Amos haar inspire het, haar work ethic, die dae toe sy gewaiter het by Dorpstraat Teater in Stellenbosch, hoe sy al haar albums en haar live DVD aangepak het en haar nuwe produksie company Iluminar Productions. Hulle raak ook nostalgies oor die dae toe die live music scene in Stellenbosch geblom het. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 61. - Valiant Swart

    16/06/2016 Duración: 01h52min

    ’n Cool en kalm Valiant Swart kom kuier in die garage en vertel vir Willim van sy eerste kitaar, sy eerste amp, sy eerste paying residency gig by die Kimberley Hotel, meeste van sy albums en hoe hy sommer toe ook ’n TV-aanbieder en actor geword het.  Hulle gesels ook sy nuwe album Nagrit, sy vriendskap met Ollie Viljoen en Koos Kombuis, die dae toe hy vir Akkedis tromme gespeel het en stories agter songs soos "Sonvanger" en "Kleinmond Koebaai".  Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 60. - Daggaverkoper

    09/06/2016 Duración: 01h14min

    Willim ontmoet ’n vriendelike daggaverkoper een aand en vra hom of hy sal instem om ’n onderhoud te doen. Hy stem in en vertel ons hoe sy besigheid werk, wat se risk daar betrokke is en hoe hy homself uit die moeilikheid hou. Hierdie episode is geborg deur die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.  

  • Episode 59. - André Kriel

    02/06/2016 Duración: 01h18min

    André Kriel is die kitaarspeler met die goeie postuur in daai badass blues-rock band van Pretoria: Black Cat Bones. Willim en André was die naweek loghut-bure in Ponta Malongane toe hulle by STRAB in Mozambique gespeel het. En natuurlik móés daar toe ’n onderhoud gedoen word op die stoep oor André se kinderdae, sy pa wat ook ’n working muso was, die dae in die army en al die verskillende jobs wat hy moes doen voor hy self ’n voltydse musikant kon word. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 58. - STRAB Met Conrad Jamneck en Andries Burger

    24/05/2016 Duración: 41min

    Willim en sy band Die Sunrise Toffies is oppad Mozambique toe om by die legendariese STRAB festival te gaan speel.  Hy spoor 'n ou Rolling Stone onderhoud op wat hy in 2013 gedoen het in Mozambique met Conrad Jamneck en Andries Burger - twee van die organiseerders van die fees. Hy vra hulle uit oor die geskiedenis van die fees, al die logistieke boublokke en hoekom dit so befok is. 

  • Episode 57. - Gesprekke Oor Iron Maiden

    18/05/2016 Duración: 57min

    Willim bel vir drummer Jean Middelvinger van Dead Lucky, Black Cat Bones se bassist Chris Danger Thundervolt, Griffin en Chopper Charlie van Watkykjy.co.za en sy ou vriend Jacques Stemmet van Oudtshoorn, wat die baskitaar geklap het in The Great Apes… hy vra hulle uit oor Iron Maiden en wat aangaan met hulle eie bands (en blog).

  • Episode 56. - Danie Marais

    12/05/2016 Duración: 01h22min

    Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Hy kom riff in die garage oor sy kinderdae, hoe die platebiblioteek en sy neefs op De Doorns se musiekvoorkere sy identiteit beïnvloed het en hoe sy stint en eerste huwelik in Duitsland die pas aangegee het om sy debuutbundel In Die Buitenste Ruimte die lig te laat sien.

  • Episode 55. - Almuir Botha

    05/05/2016 Duración: 01h15min

    Almuir Botha is ’n baie skaam kitaarspeler wat al baie moes drink om live te kon speel en vloek in bands soos Raaskopleef, Delta Blue, Jakkie Louw en Amafist. In sy eerste interview in 10 jaar vertel hy hoe hy in St.8 weggeloop het van die huis af en Durban toe gehike het, hoe hy na skool gepoog het om die beste kitaarspeler in wêreld te word, hoekom hy eventueel opgehou drink het en sy lang dreads geknip het. Hy gesels ook oor sy nuwe band Orwellington en sy home studio.

  • Episode 54. - Haddad Viljoen

    28/04/2016 Duración: 01h24min

    Haddad Viljoen was vir ’n hele paar jaar die bemarkingsbestuurder vir Aardklop en toe vir KykNet en toe ook vir MK. Vandag is hy die CMO van Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens. Haddad kom kuier in die garage en vertel hoe mal sy job by Aardklop was en hoekom DSTV se musiekkanaal MK begin en geëindig het. Hy vat ons ook diep binne in the belly of the TV-beast waar hy verduidelik hoe KykNET, MNET, Multi Choice en DSTV se operations werk en hoekom Afrikaanse musiekliefhebbers en musiekante opgewonde moet raak oor Liedjie.

  • Episode 53. - Gareth Vorster

    21/04/2016 Duración: 01h19min

    Gareth Vorster was die lead singer vir Shy Guevaras en Filth en hy het serious pype, met ander woorde: hy kán sing. In ’n baie revealing interview maak Gareth oop oor hoe hy sy verslawing aan heroïen oorkom het en wat se impak ‘pyn’ op sy vocal abilities en lewe gehad het. Daar is ook cool stories oor sy skooldae, rugby, surfing en daai keer toe sy band Shy Guevaras by My Coke Fest die stage gedeel het saam met Muse en Korn.

  • Episode 52. - Albert Hammond

    13/04/2016 Duración: 38min

    The legendary songsmith Albert Hammond is heading to South Africa to perform in Cape Town at the Artscape Operahouse on the 14th of April and in Johannesburg at the Teatro Montecasino on the 16th of April. Willim calls him in New York prior to his departure to discuss his jam-packed world tour, the mystery behind his songwriting success and his initial involvement with The Strokes’ debut album Is This It – for whom his son Albert Hammond Jnr. plays guitar. 

  • Episode 51. - Dan Patlansky

    07/04/2016 Duración: 01h18min

    Dan Patlansky is currently on tour launching his latest album Introvertigo and stopped by the garage for an engaging conversation. We backtrack through Dan’s childhood growing up in Johannesburg and how his musical tastes evolved straight back to the blues. We talk about genre-snobbery, record labels, residency gigs, all his albums, and what it means to be an introvert. There’s also a few cool stories like how Dan lost his 62 Strat in Hurricane Katrina, how he ended up touring with Joe Satriani and how he managed to open for Bruce Springsteen at the FNB Stadium in Johannesburg. The WAT Podcast is charting at number 1 on SA iTunes in the Performing Arts category this week. Whoo-hoo!

  • Episode 50. - Churchil Naude

    31/03/2016 Duración: 01h14min

    Kletsrymer Churchil Naude se debuutablum ‘Kroeskop Vol Geraas’ het laasjaar die lig gesien onder die leiding en produksie van Riku Lätti. Churchil en Willim het al ’n hele paar gekeer saam opgetree by Wasgoedlyn shows, maar hulle het nog nooit gesels oor wie Churchil is en waar hy vandaan kom nie. Hulle backtrack deur sy vormingsjare om te probeer uitfigure waar sy unieke aanslag op Afrikaanse rap begin het en hoekom dit so lank gevat het om sy eerste album die lig te laat sien. Dit blyk asof sy skoonsuster en Koos Kombuis miskien iets te doen gehad het daarmee...

  • Episode 49. - Annie Klopper (Deel 2 van 2)

    24/03/2016 Duración: 32min

    Post interview op Episode 48 raak Annie klomp nuwe goeters kwyt, Willim hit toe weer record vir die bonus B-sides.

  • Episode 48. - Annie Klopper (Deel 1 van 2)

    24/03/2016 Duración: 01h20min

    Annie Klopper het sewe jaar terug haar meestersgraad tesis gedoen oor Fokofpolisiekar se lirieke, sy’t ook toe kort daarna die band se definitive biografie geskryf. Ons weet nou alles van Fokofpolisiekar, maar wie is Annie Klopper? Waar kom sy vandaan? Hoekom het iemand dit nog nooit vir haar in ’n interview gevra nie? En hoekom is mens se identiteit so angstige afvêre?  Sy kom kuier in die garage waar hulle al hierdie vrae ondersoek en bespreek in twee episodes. 

  • Episode 47. - Gerhard Grobler

    17/03/2016 Duración: 01h29min

    Gerhard Grobler speel al vir 10 jaar die baskitaar in Willim Welsyn en die Sunrise Toffies. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae op Graaff-Reinet en Jeffreysbaai, sy eerste Hoërskool band Common Nonsense en die dag toe Willim hom gebel het om Die Sunrise Toffies te join en alles wat toe daarna gebeur het… rock ’n roll toere, drugbusts, albums en beyond! Vandag is Gerhard ’n respectable audio engineer by VH Studios waar hy onlangs Albert Frost se nuwe album The Wake Up gerecord het.

  • Episode 46. - Albert Frost

    10/03/2016 Duración: 01h32min

    Albert Frost het al vir die Rolling Stones ge-open. Hy het begin guitar speel vir die Blues Broers toe hy 13jaar oud was saam met sy pa Frank Frost op die drums. Hy kom kuier in die garage en vertel hoe hy groot geword hetlangs Tolla van der Merwe, hoe sy pa hom leer drums speel het as ’n laaitie enhoe sy ma die ultimate rock-chick is. Daar is ook cool stories oor Oppikoppi, die sukses van sy enArno Carstens se album Another Universe,toe hy ophou drink het en daai keer toe hy saam met Ginger Baker in Tulbaghgespeel het. Hierdie is ook die heel eerste interview waar hy oor sy nuweup and coming album gesels. Out soon! Strap jouself in vir ’n befokte journey saam meteen van Suid-Afrika se mees talentvolste exports.

página 7 de 10