Sinopsis
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Episodios
-
Episode 85. - Deon Maas
01/12/2016 Duración: 01h32minDeon Maas is ’n skrywer (‘Witboy in Afrika’ en nou ‘Melk Die Heilige Koeie’), maker van dokumentêre films (‘Punk in Africa’ en ‘Who Killed Johannes Kerkorrel?’) en ’n televisievervaardiger (‘Jam Sandwich’ en ‘Fortuinsoekers’). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannesburg saam met haar, Watson (’n blinde Scotty) en verskeie ander honde wat elkeen hul eie hang-ups het. Deon kom kuier in die garage die aand voor hy sy nuwe boek ‘Melk die heilige koeie’ launch in Kaapstad en ons gesels oor alles.
-
Episode 84. - Peter Mitchell (Pietman)
24/11/2016 Duración: 01h45minPeter Mitchell is die verhoognaam van Pietman Geldenhuys – daai ou agter ‘Die Skot’-karakter wat ook deesdae met stories boer op die gewilde kykNET-program Oppiestoep wat hy saam met Andries Vermeulen aanbied. Maar meer as dit is Pietman eintlik ’n musiekant en ’n singer-songwriter… Pietman is eintlik baie dinge, dus moes hy in die garage kom kuier sodat ons kan uitvind van al hierdie dinge wat Pietman is, was en maybe nog gaan wees. Maak jouself reg vir 'n paar mooi stories.
-
Episode 83. - 'n B-sides Optel-Interview Met Yusuf Allie
17/11/2016 Duración: 31minWillim laai sy laaitie in die pram en gaan stap een Saterdagoggend deur die strate van Bellville toe hy ’n leë CD-sleeve met love song-titles op sien wat in die pad lê. Die sleeve het toe ook ’n kontak nommer op. Hy bel toe die nommer van Yusuf Allie en kom toe op ’n onverwagse storie af van ’n Kaapse familie, Griekse musiek en international songwriting credits.
-
Episode 82. - Pierre-Arnold Theron
10/11/2016 Duración: 01h46minPierre-Arnold Theron was vir nege jaar die teatrale perkussiespeler in Mr Cat & The Jackal, hy’s ook die vibes manager by DPK op Stellenbosch, ’n klanktegnikus by die Konserwatorium en ’n akteur. Hy’t onlangs onder die naam Shakespierre ’n weeklikse vlog (video-blog) begin waar hy al sy missions document en deel met die wêreld. Gaan check dit uit by shakespierre.co.za. Ons gesels oor dit alles en meer. Gaan koop asb my krismis-special plaat op vhmusic.co.za.
-
Episode 81. - Ernst van Dyk
03/11/2016 Duración: 01h20minErnst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en kruiwae. Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdie is maar net enkele van sy vele prestasies. Ernst kom kuier in die garage en vertel waar dit alles begin het en die verhouding tussen pressure, roem en sukses. Turns out hy is nie net 'n medalje worsmasjien nie, maar ook 'n baie cool dude.
-
Episode 80. - Bacchus Nel
27/10/2016 Duración: 01h47minBacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in Standerton, die ongeluk, daai dae in Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.
-
Episode 79. - Jake Gunn
20/10/2016 Duración: 01h29minJake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke singer-songwriters en guitarists. Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing loopbaankeuses in die boukunde en hoe hy vir Piet Botha begin stalk het en toe sommer ook die band gejoin het. Hulle gesels ook oor die recording sessions van sy eerste album Triple Jack en eindig die show af met ’n live, acoustic performance van Jake Gunn se “Rosie” en Willim Welsyn se “Vêr Hiervandaan”.
-
Episode 78. - Annelise Erasmus
13/10/2016 Duración: 01h14minAnnelise Erasmus is ’n erotiese skrywer met drie boeke agter haar naam en sy is ook mainkonyn agter die populêre Afrikaanse blog kombietjiehier.co.za. Sy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af en ons gesels oor haar industrious loopbaan as skrywer, onafhanklike uitgewer en blogger.
-
Episode 77. - Donovan Honeyborne
06/10/2016 Duración: 01h13minDonovan Honeyborne is a singer-songwriter and actor from Pretoria who is currently on tour in Cape Town with his band Bright Lights Big City. Donovan also fronts another band called Feed The Wolf and now and then he’ll act in Afrikaans soapies where he usually plays a bad guy or a kidnapper. We talk about all his bands, influences, travels, that time when he played with Piet Botha and Jack Hammer, how Lanie van der Walt produced his solo album and his random web and video collaborations with Gifford of Watkykjy.co.za. Willim also prank calls him prior to the interview.
-
Episode 76. - Sjaka S. Septembir
28/09/2016 Duración: 02h06minSjaka S. Septembir hoef nog nooit vir hómself te gebid het nie want daar was altyd genoeg mense wat dit vír hom gedoen het. Die invloed van bloed, pis, punk, woede, Dadaïsme, nihilisme en humor loop sterk deur Sjaka se loopbaan as underground skrywer, digter, regisseur, akteur, spoeg-en-plak zine editor en performance artist. Hy neem Willim op ’n journey deur tabakpakhuise, die vlootbasis, ’n Kaapse orgie, ’n Porselynnkas, kerkdeure in die Paarl en protesaksies teen digbundels by teaters in Stellenbosch. Maar wat beteken dit alles?
-
Episode 75. - Werner Smit
22/09/2016 Duración: 01h52minWerner Smit is ’n self-proclaimed IT-laaitie wat way te veel videos as kind gekyk het op Ladismith waar hy en Willim saam groot geword het. Werner is ’n goeie voorbeeld van ’n ou wat gereeld die comfort zone mould van sy 8 to 5 job in IT breek om sy passions te pursue. Hy en Willim reminisce oor die destydse videowinkel-culture van Ladismith, daai Kaapse kinders, Werner se eerste jobs en hoe hy eventually ’n befokte Afrikaanse band begin het – SKUIM – en toe sommer ook ’n stand-up comedian geword het. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 74. - Schalk van der Merwe
15/09/2016 Duración: 02h01minDr Schalk van der Merwe is daai veteraan bassist met die brains vir Billygoat, Bed on Bricks, Delta Blue, Gerald Clark en Karen Zoid – en daai is maar net ’n paar van die acts saam met wie hy al gewerk het op sy intimiderende CV. Schalk gee ook klas by die Universiteit van Stellenbosch waar hy onlangs sy Ph.D. studie voltooi het oor die geskiedenis en die interaksie tussen politieke gebeure en populêre musiek met spesifieke verwysing na opgeneemde Afrikaanse musiek oor die laaste 115 jaar. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor alles. Geborg deur VHmusic.co.za
-
Episode 73. - Piet Botha, Anton Goosen, Valiant Swart, Riku Lätti, Jackie Lätti en Donovan
08/09/2016 Duración: 58minHierdie is 'n spesiale B-Sides-behind-the-scenes-episode waar Willim vir Piet Botha, Riku Lätti, Jackie Lätti, Valiant Swart en vir Anton Goosen bel om 'n bietjie meer uit te vind oor die Radio Rats en sommer toe ook oor 'n klomp ander goeters gesels soos karre, SAMRO, Donovan, vet Elvis, Chuck Berry, Die Wasgoedlyn, Beatles, besoedeling, ens. Hierdie is private telefoonoproepe en Willim moes eers toestemming kry om dit vir jou te mag speel. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 72. - Jonathan Handley & Michael Cross
31/08/2016 Duración: 01h53minJonathan Handley is the enigmatic songwriter and guitarist of that legendary band from Springs called Radio Rats. Michael Cross made a documentary about the band called “Jiving and Dying: The Radio Rats Story.” According to Cross, the film, twenty-five years in the making, introduces the music of the Rats and the words of Jonathan Handley “in an attempt to afford them the place they deserve in the history of independent rock ’n’ roll in South Africa.” Willim goes to the screening of the film this past Saturday at the Labia Theatre and lures Jonathan and Michael back to his garage the next morning to talk about the Rats, the film, the music, Springs and James Phillips. Jonathan also riffs on digital tape machines, tape hiss, noise reduction, how small town music scenes are Darwinian in nature, not having suitcases full of cash and why he is an anaesthetist by day and a songwriter, guitarist, cartoon artist and an archiver by night. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA Luister die intro vir die special discount of
-
Episode 71. - Ryno Velvet
25/08/2016 Duración: 02h34minRyno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24, pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur. Hulle gesels ook oor die belangrike rol wat Riku Lätti se Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA. Luister die intro vir die special discount offer.
-
Episode 70. - Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel
18/08/2016 Duración: 01h04minJeandré ‘Pikkie’ Swanepoel is die energieke frontman van die Kaapse rock band De Wallen. Willim word die Saterdag wakker in Kreefhotel by Oppikoppi en hy sien 'n vars Jeandré en nooi hom toe sommer vir ’n tentgesprek oor rock 'n' roll, ouers, fuck-ups, fucked raak, expectations, daai Battle for Maiden kompetisie en wat dit vir 'n band beteken om by Oppikoppi te mag speel. Hulle het gehuil. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 69. - Oppikoppi 2016
09/08/2016 Duración: 01h32minWillim vra sy eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy hom sal indulge om al sy stowwerige Oppikoppi-stories vir haar te kan vertel. Marli stem in en Willim gaan op ’n memory-rant rampage oor sy trip, die gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer Kyle Gray se yin-yang psyche, bassist Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer celeb geword het, hoe om liefde te maak as jy vuil en dronk is, Lanie van der Walt se jazz band, Chris van der Walt se vark metal band en hoe daai 5 Star chocolate van Cadbury ‘n goeie voorbeeld is van ’n suksesvolle brand-activation by 'n fees. Daar is ook conspiracies oor Jon Savage se Telecaster wat glo aan Keith Richards behoort het. Willim gee ook drie albums weg op die show en vertel vir jou van die nuwe Radio Rats documentary wat Michael Cross gemaak het. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 68. - Medicine Boy
03/08/2016 Duración: 01h20minMedicine Boy is a dream-noise duo from Cape Town and they will be releasing their latest album Kinda Like Electricity on the 13th of August at the Magnet Theatre in Observatory. Willim talks to André Leo and Lucy Kruger about their previous bands, the new album, Medicine Boy’s song writing dynamic and the (un?)necessary assumptions a listener can make about the band because of the biographical nature of the songs. Reverb, light, love and shade. Geborg deur VHmusic.co.za
-
Episode 67. - Anton Marshall
28/07/2016 Duración: 01h40minBefore Anton Marshall became the online editor of Rolling Stone South Africa magazine in 2011 – he first had to earn his stripes across various multi-media platforms like community radio, ETV, Channel 24 and WorldOnline. Anton also played in a variety of Cape Town-based bands including The Dolly Rockers, Three More White Guys and Long Time Citizen. Willim talks to Anton about all of it and what performing musicians can learn from professional wrestlers. They also discuss the mechanics of music reviews and those crazy days at the Rolling Stone office where Anton took Willim under his wing and learned him to fly. Geborg deur vhmusic.co.za and vhstudios.co.za.
-
Episode 66. - Rudi en Arthur Dennis
21/07/2016 Duración: 01h19minRudi en Arthur Dennis is daai legendariese tweeling van die hardwerkendste en mees vreelose Afrikaanse rock band: AKKEDIS. Akkedis het ’n nuwe album uit – Onder Ou Tafelberg – maar voor ons oor daai album gesels moet ons eers uitvind hoe en waar die tweeling groot geword het en wat alles in die koshuise, army, studios en op die pad gebeur het. Geborg deur vhmusic.co.za, vhstudios.co.za, Kreefhotel en bongalong.co.za.