Nb Publishers

Onderhoud met Julian Jansen op Radio Helderberg

Informações:

Sinopsis

Luister na ’n onderhoud met joernalis en skrywer van Seuns sonder pa's, Julian Jansen, op Radio Helderberg. In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie hul pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: Hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Bestel Seuns sonder pa's deur Julian Jansen by goeie boekwinkels regoor die land of aanlyn. Ook beskikbaar as e-boek.