Storm Perspektiewe

Episode 6 - Scotomas

Informações:

Sinopsis

Scotomas verwys na jou blindspots. Dis ‘n mediese term vir ‘n kol in jou visie waar jy nie kan sien nie. Elkeen van ons het mental scotomas. Daar’s areas van jouself en jou bewussyn wat jy nie kan sien nie. Jy het blindspots in jou perspektiewe. Situasies in ons lewens is mos net daar, ons weet nie hoe dit gebeur het of hoe dit tot op daai punt gegroei het nie. Dalk is jy in ‘n verhouding waar jy gereeld wonder "hoe het ek hier beland". Of in ‘n situasie by die werk wat jou geweldig laat stress, en dan is dit soms moeilik om te bepaal of die huidige omstandighede voorkombaar was. Kan ons, deur bewus te wees van ons blindspots, slegte goed in die lewe vermy en so ‘n hoër gehalte lewe hê? Indien dit moontlik is, hoe kan ons bewus raak van ons blinde kolle en hoe bestuur ons hulle? Enjoy!